Description
Wie wil graag ’n teoloog wees?
Baie mense reageer negatief wanneer hulle die woord “teologie” hoor, omdat hulle glo dat dit droë, vrugtelose argumente behels oor onbelangrike leerstellige onderwerpe. Hulle verkies om te fokus op die basiese waarhede van die Skrif en mag selfs verklaar: “Geen belydenis behalwe Christus nie.” Maar Dr. R. C. Sproul argumenteer dat almal ‘n teoloog is, want wanneer ons dink aan die leer van die Bybel en strewe om dit te verstaan, is ons besig met teologie. Daarom is dit belangrik dat ons die uiteenlopende leringe van die Bybel op ‘n sistematiese wyse saamvoeg deur gebruik te maak van geskikte en beproefde metodes van interpretasie om sodoende ‘n teologie saam te stel wat konsekwent en gegrond is op die waarheid.
Dit is presies wat Dr. Sproul doen in Ek en Jy ‘n Teoloog: ‘n Inleiding tot Sistematiese Teologie. Hierdie boek is alles behalwe ‘n droë bespreking van onbelangrike punte van leerstellings. In plaas daarvan, het Dr. Sproul weereens sy vermoë om ingewikkelde onderwerpe maklik verstaanbaar te maak, in hierdie boek geopenbaar, deurdat hy die basiese waarhede van die Christelike geloof ondersoek, wat ons weer herinner aan wie God is en wat hy vir sy mense in hierdie wêreld en die volgende geslagte gedoen het.




Reviews
There are no reviews yet.